Graaff-Reinet het op 23 Julie 2011 weer ‘n heerlike kuieraand van hulle WOW!-STêR talentdag gemaak. Maar die eer het hierdie keer na Michellé Richards (regs op die foto bo) gegaan wat as algehele wenner en dus MINI WOW!-STêR van die dag gekroon is. Michellé het ook die derde plek ingepalm, terwyl die 10-jarige meisie met die nagtegaalstem, Linda Lötter (links op die foto), met ‘n baie goeie tweede plek in die sak daar weg is. Klik op die opskrif om meer te lees ...
Read Full Article
Na die aankondiging dat ‘n WOW!-STêR CD binnekort vrygestel gaan word het verskeie Oos-Kaapse talentvolles aangedui dat hulle belangstel om deel van die projek te wees. Deelnemers aan die WOW!-STêR kompetisie wat nog nie hulle eie CD’s kan maak nie, kry nou die geleentheid om op die nuwe jaarlikse WOW!-STêR CD een of meer van hulle oorspronklike snitte te laat insluit. Hierdie CD’s word aan radiostasies en platemaatskappe gestuur en die konsep werk so dat 2000 daarvan redelik gou deur deelnemers verkoop word - dus luister minstens tussen 2000 en 5000 mense na die snitte en deelnemers kan selfs ‘n opsie kry waar hulle gesigfoto die heel grootste op die CD-dekblad pryk. Die sluitingsdatum vir deelname aan hierdie projek is 31 Augustus 2011.
Op hierdie manier kan deelnemers ‘n CD kry waarop daar van hulle eie snitte is en wat hulle kan verkoop aan ander. Elke deelnemer ontvang 100 CD’s wat verkoop word aan familie en vriende - en sommer gou maak deelnemers die bedrag wat hulle hierin belê het terug en maak selfs ‘n stewige wins. Daar is niks so moeilik as om te probeer verduidelik hoekom jy nog nie ‘n CD het nie, veral wanneer jy by ‘n plek as sanger optree. Lees verder deur op die opskrif te klik
Read Full Article Twee splinternuwe bladsye op die WOW!-STêR webblad word binnekort bekendgestel. Die een bladsy het ten doel om die CD’s en ander produkte van gereelde deelnemers aan die WOW!-STêR te adverteer terwyl die tweede bladsy al die musiekverwante prestasies van WOW!-deelnemers wil uitwys.
Stuur gerus jou besonderhede, fotos, en ander visuele materiaal asook ‘n beskrywing (of ‘n kort artikel) aan info@gouedrome.co.za vir plasing. Deelname aan ander kompetisies of fotos en/of inligting oor optredes by ander geleenthede deur WOW!-STêR deelnemers is baie, baie welkom.
Read Full Article
Op Saterdag 11 Junie was die WOW!-STêR talentdag weer by Potter's Place op Jeffreysbaai aangebied. Met borge soos Potter's Place, BayFM, Goue Drome, EMR Music Alliance en GR Music, wag daar nog groot dinge vir deelnemers in die toekoms - Soos die vorige keer was dit 'n fees!
Read Full Article
Tot dusver was die wenners van die gewilde GOUE DROME WOW!-STêR talentdae telkens sangers. En alhoewel daar enkele musikante deelgeneem het kon nie een van hulle daarin slaag om as MINI WOW!-STêR (algehele wenner van die talentdag) aangewys te word nie. Gerhard Olivier van Somerset-Oos het die bordjies verhang toe hy skoonskip gemaak het met sy uitstekende klavierspel op Saterdag 11 Junie se talentdag op hierdie dorp.
Read Full Article
Yelanda Swart (foto) en Monique Roelofse wat onderskeidelik in Februarie en April hierdie jaar as MINI WOW!-STERRE uit die stryd getree het, het albei ingeskryf vir Saterdag 28 Mei se derde 2011 WOW!-STêR talentdag in die BARN, PORT ELIZABETH. Inskrywings vir hierdie talentdag kan nog tot Donderdag (vandag) ingedien word. Dongee, wat die tans die nommer een posisie op die ranglys beklee, het ook ingeskryf. Dit sal interessant wees om te sien of daar ‘n splinternuwe algehele wenner (MINI WOW!-STêR) eerskomende Saterdag aangewys gaan word en of die huidige kampioene mekaar en die ander sterk genoeg kan opponeer om ‘n tweede keer met die wentrofee weg te stap. Om te sien wie reeds ingeskryf het, klik op DORPE op die webblad www.wowster.co.za en gaan na PORT ELIZABETH. Lees verder deur op die opskrif te klik ...
Read Full Article
Deelnemers aan die WOW!-STêR kompetisie wat nog nie hulle eie CD’s kan maak nie, kan binnekort die geleentheid kry om op die nuwe jaarlikse WOW!-STêR CD een of meer van hulle oorspronklike snitte te laat opneem. Op hierdie manier kan deelnemers ‘n CD kry waarop daar van hulle eie snitte is en wat hulle kan verkoop aan ander.
Read Full Article
Op Saterdag 28 Mei vind die eerste 2011 WOW!-STêR talentdag in die BARN, PORT ELIZABETH plaas. Inskrywings vir hierdie talentdag kan nog tot Donderdag ingedien word. Om te sien wie reeds ingeskryf het, klik op DORPE op die webblad www.wowster.co.za en gaan na PORT ELIZABETH. Klik op die opskrif van hierdie artikel om meer te lees ...
Read Full Article
Lizelle Nel het gesorg vir groot pret toe sy met haar ABBA-keurspel stof in al die Graaff-Reinet deelnemers se oë geskop het. Lizelle is aangewys as die heel eerste 2011 MINI WOW!-STêR op dié dorp. Sy het in 2010 twee keer hierdie posisie beklee. Lees verder deur op die opskrif van hierdie artikel te klik...
Read Full Article
Op Saterdag 21 Mei vind die eerste 2011 WOW!-STêR talentdag op Somerset-Oos plaas. Inskrywings vir hierdie talentdag kan nog tot Donderdag ingedien word. Om te sien wie reeds ingeskryf het, klik op DORPE op die webblad www.wowster.co.zaen gaan na GRAAFF-REINET. Lees meer hieroor deur op hierdie artikel se opskrif te klik ...
Read Full Article
Suzanne, 'n sangeres van Somerset-Oos, het die beoordelaars en die gehoor se monde laat oophang van verbasing toe sy haar vertolking van die bekende CRAZY by die tweede WOW!-STêR talentdag op dié dorp voorgedra het. Suzanne is ook as algehele wenner van die dag (MINI WOW!-STêR) gekroon. Lees meer hieroor deur op die opskrif te klik.
Read Full Article
Op Saterdag 14 Mei vind die tweede 2011 WOW!-STêR talentdag op Somerset-Oos plaas. Inskrywings vir hierdie talentdag kan nog ingedien word. Om te sien wie reeds ingeskryf het, klik op DORPE op hierdie webblad en gaan na SOMERSET-OOS.
Read Full Article
'n Volgepakte Potter's Place in Jeffreysbaai was die basis vir 'n baie interessante en talentvolle WOW!-STêR talentdag op 7 Mei 2011. En die wenner was hierdie keer die sangeres Mignon, wat dus nou bekend is as MINI WOW!-STêR, en wat die voordeel het om outomaties te kwailifiseer vir die WOW!-STêR finaal in die PE Operahuis op 26 November, mits sy aan elke Jeffreysbaai talentdag vir die res van die jaar deelneem. Klik op hierdie artikel se opskrif om die volledige berig te lees ...
Read Full Article
Op Saterdag 7 Mei vind die tweede 2011 WOW!-STêR talentdag op Jeffreysbaai plaas. Inskrywings vir hierdie talentdag kan nog tot Donderdag 5 Mei ingedien word. Om te sien wie reeds ingeskryf het, klik op DORPE op die webblad www.wowster.co.za en gaan na JEFFREYSBAAI.
Read Full Article
Pas nadat Marinus van Rooyen onlangs sy debuutalbum in ‘n totaal uitverkoopte vrystellingskonsert in Uitenhage bekend gestel het, het hy self oor die internet geluister het hoe sy weergawe van Roy Orbison se YOU GOT IT oor ‘n Walliese radiostasie speel. “Nou kan ek ook darem spog dat my musiek internasionale blootstelling kry”, skerts Marinus.
Read Full Article
Vir elke NUWE deelnemer (wat nog NOOIT voorheen deelgeneem het nie) wat jy op enige dorp help om in te skryf waar WOW!-STêR talentdae aangebied word, kry jy een gratis inskrywing vir jouself by die EERSVOLGENDE talentdag OP DIESELFDE DORP.
Read Full Article
Op Saterdag 16 April het Monique Roelofse met ‘n onverbeterlike vertolking van die liedjie, SIMPLY THE BEST, stof in ander deelnemers se oë geskop. Monique is die tweede MINI WOW!-STêR wat hierdie jaar in Port Elizabeth in die Barn (PE Operahuis) aangewys is.
Read Full Article
The most senior participant in the 2011 WOW!-STAR series of talent shows, Don Griffiths (stage name: Dongee - 78 years old), managed to rake in two superior consecutive overall second places in the PE WOW!-STAR talent shows which earned him the number one position on the latest WOW!-STAR EASTERN CAPE ranking list. It is Dongee’s second year of participation and he travels to other towns to enter WOW!-STAR talent shows in order to gain maximum experience.
Read Full Article
Ses gereelde deelnemers aan die gewilde WOW!-STêR reeks van talentkompetisies het onlangs gekwalifiseer om aan die SOUTH AFRICA CHAMPIONSHIPS OF PERFORMING ARTS in Rustenburg deel te neem. Hulle het volgens onbevestigde berigte wat ons bereik het, altesaam 48 medaljes verower en nog baie meer bereik.
Read Full Article
Op Saterdag 16 April vind die tweede 2011 WOW!-STêR talentdag in Port Elizabeth plaas. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag 14 April. Om te sien wie reeds ingeskryf het, klik op DORPE op die webblad www.wowster.co.za en gaan na PORT ELIZABETH.
Read Full Article
Op 26 Maart is die sangpaar TIAAN & LEANDI as die heel eerste MINI WOW!-STêRRE by hierdie reeds gewilde talentdag op Somerset-Oos aangewys. Hulle het ook die derde plek verower. Die naaswenner was die pianis, Gerhard Olivier (foto regs), wat die beoordelaars en die gehoor bekoor het met sy klaviersolo. Verskeie talentvolles het deelgeneem aan die talentdag en toeskouers het dit geniet om self ook deel van die beoordeling te behartig deur met hulle selfone vir hulle gunstelinge te stem. Die hip-hop groep Willie Hoories se item is ook baie goed deur die gehoor ontvang. Nog ander deelnemers wat goed gevaar het was Lily Weyer-Schneider, Manie Kapp, Petro Pienaar en Lindy de Wet.
Read Full Article
As gevolg van ‘n inbraak by die John Rupert Teater op Graaff-Reinet waar die gereelde WOW!-STêR talentdae aangebied word, sal dié gewilde kompetisie nie meer eerskomende Saterdag, 12 Maart, plaasvind nie.
Read Full Article
Deelnemers aan die oorspronklike kategorie, kan hierdie jaar ‘n nog groter pakket van pryse verwag nadat Soli Deo Gloria Promosies aangekondig het dat hulle ‘n musiekvideo van die oorspronklike wenliedjie ter waarde van tot R8000 as prys skenk vir die algehele wenner van die oorspronklike kategorie in 2011. Hierdie video kan dan deur die wenner voorgelê word aan TV-stasies vir moontlike uitsending.
**************************
Participants to the original category can expect even bigger and better prizes, especially now that SOLI DEO GLORIA PROMOTIONS announced that they will donate a music video of the winning song to the value of up to R8 000 to the winner in this category in 2011. The winner can submit this video to TV-stations for consideration to be transmitted.
Read Full Article
Op 'n heerlike middag in Potter's Place se Potter's Planet is daar uit 21 Oos-Kaapse talentvolles by die heel eerste WOW!-STêR talentvertoning op Jeffreysbaai, ook die heel eerste 2011 MINI WOW!-STêR aangewys. Hierdie eer val die deelnemer met die verhoognaam Margot, te beurt. Deelnemers het ook van Port ELizabeth, Despatch en Kirkwood gekom om deel te neem aan die kompetisie.
On a lovely afternoon in Potter's Place's Potter's Planet the overall winner of the first WOW!-STAR talent show in Jeffreys Bay, Margot was elected the first 2011 MINI WOW!-STAR. Participants came from Port ELizabeth, Despatch and Kirkwood to show their talent and get advice on how to perform even better.
Read Full Article Die Port Elizabeth Operahuis het ons in kennis gestel dat die DIE BARN nie meer beskikbaar is vir die WOW!-STêR op 12 Maart nie. Die datum is nou vervroeg na 5 Maart. As gevolg hiervan word die Graaff-Reinet WOW!-STêR nie meer op 5 Maart nie, maar 12 Maart aangebied.
The Port Elizabeth Opera House informed us that the BARN is not available on 12 March as originally indicated. The date has now been changed to 5 March. As a result of this the Graaff-Reinet WOW!-STAR will take place on 12 March and not 5 March.
Read Full Article