af-ZAen-ZA
You are here:   Tuisblad
Register   |  Login

WOW!-STêRRE - WOW!-STARS





Die 2011 Nasionale WOW!-STêR:
Petronella Swanepoel van Jeffreysbaai

Nuutste oor 2012 WOW!-STêR - Latest on the 2012 WOW!-STAR

Maximize

 



  

Wat moet ek doen om deel te wees van WOW!-STêR? - klik op die +

Maximize

How can I become part of WOW!-STAR? - click on the +

Maximize

WOW!-STêR IN BEELD - WOW!-STAR IMAGES

Marinus van Rooyen se WAT IS 'N BRAAI SONDER MARINA het twee 2011 BAY FM SPIRAALTOEKENNINGS ontvang. Een vir BESTE KUNSTENAAR en die ander vir BESTE OPNAME (Studio 5). Foto: Jolene Oelofse

2012 WOW!-STêR / WOW!-STAR

DIe 2012 WOW!-STêR is opwindend! Geniet jou reis deur hierdie webblad!

The 2012 WOW!-STAR is exciting! Enjoy your journey through this website!

Nuus / News

Tue, 20 Mar 2012 11:39:40 +0200


Members of audiences at WOW!-STAR talent shows will now be able to vote via MOBI SITE instead of SMS. 

Tue, 20 Mar 2012 11:25:45 +0200


Gehore wat deelneem aan die stemmery by WOW!-STêR talentdae kry nou 'n bonus deurdat stemme nie meer via SMS hanteer word nie.

Tue, 20 Mar 2012 10:58:19 +0200


WOW!-STêR deelnemers het weggeloop met vyf uit vyf van die 2011 BAY FM SPIRAAL-toekennings vir sekulêre musiek wat onlangs by 'n glansgeleentheid by die Barklystraat Teater op Uitenhage aangebied is.

Mon, 19 Mar 2012 22:00:17 +0200


Have you ever heard the name DONGEE? Not? Read his amazing and inspiring story!
    
  

Mon, 19 Mar 2012 20:04:02 +0200


Petronella Swanepoel het seker gemaak dat sy almal se voete onder hulle uitslaan by die 2011 WOW!-STêR FINAAL wat op 26 November 2011 in die Port ELizabeth Operahuis aangebied is.


Sun, 02 Oct 2011 16:21:36 +0200

Monique van Driel het 'n hele span talentvolles uitgeklop toe sy die JBAY DIVE FEST Talentkompetisie gewen het. Die naaswenner en die bekleër van die derde plek was net 'n kort-kop agter Monique.

Wed, 21 Sep 2011 10:32:25 +0200

Die laaste twee WOW!-STêR ontwikkelings talentdae vir 2011 op Jeffreysbaai, word op 8 Oktober en 5 November gehou het die organiseerder, ELSaBé Rademeyer, aangekondig. En buiten dit vind daar ook 'n spesiale talentkompetisie, die JBAY DIVE  FEST WOW!-STêR XTRA talentkompetisie (klik op WOW!-STêR XTRA) op 1 Oktober plaas. Inligting met betrekking tot aldrie geleenthede is beskikbaar op hierdie webblad. Klik op DORPE en JEFFREYSBAAI vir die Potter's Place talentdae./ The organiser of the Jeffreys Bay WOW!-STAR events, ELSaBé Rademeyer, today announced that the final two Jeffreys Bay WOW!-STAR developmental talent days for 2011 will take place on 8 October and 5 November. In addition to this the JBAY DIVE FEST WOW!-STAR XTRA (click on WOW!-STAR XTRA) talent show takes place on 1 October. Information pertaining to all three events are available on this website. Click on TOWNS and JEFFREYS BAY for information on the Potter's Place talent days.

Sun, 31 Jul 2011 15:45:32 +0200

Thia-Mari Fourie (regs op die foto) van Kirkwood en ook gereelde deelnemer aan die WOW!-STêR talentdae het in die internasionale been van 'n groot talentkompetisie in Los Angeles weggestap met drie silwer en twee brons medaljes. Nog 'n WOW!-STêR deelnemer, Yelanda Swart (links op die foto) van Port Elizabeth, het drie brons medaljes verower. Bianca Rademan van Graaff-Reinet, is deur twee beoordelaars genader vir onderhoude oor moontlike CD's en/of optredes vorentoe. Klik op die opskrif om meer te lees ...

Sun, 31 Jul 2011 15:33:38 +0200

Graaff-Reinet het op 23 Julie 2011 weer ‘n heerlike kuieraand van hulle WOW!-STêR talentdag gemaak. Maar die eer het hierdie keer na Michellé Richards (regs op die foto bo) gegaan wat as algehele wenner en dus MINI WOW!-STêR van die dag gekroon is. Michellé het ook die derde plek ingepalm, terwyl die 10-jarige meisie met die nagtegaalstem, Linda Lötter (links op die foto), met ‘n baie goeie tweede plek in die sak daar weg is. Klik op die opskrif om meer te lees ...

Sun, 31 Jul 2011 15:21:53 +0200

Na die aankondiging dat ‘n WOW!-STêR CD binnekort vrygestel gaan word het verskeie Oos-Kaapse talentvolles aangedui dat hulle belangstel om deel van die projek te wees. Deelnemers aan die WOW!-STêR kompetisie wat nog nie hulle eie CD’s kan maak nie, kry nou die geleentheid om op die nuwe jaarlikse WOW!-STêR CD een of meer van hulle oorspronklike snitte te laat insluit. Hierdie CD’s word aan radiostasies en platemaatskappe gestuur en die konsep werk so dat 2000 daarvan redelik gou deur deelnemers verkoop word - dus luister minstens tussen 2000 en 5000 mense na die snitte en deelnemers kan selfs ‘n opsie kry waar hulle gesigfoto die heel grootste op die CD-dekblad pryk. Die sluitingsdatum vir deelname aan hierdie  projek is 31 Augustus 2011.
 
Op hierdie manier kan deelnemers ‘n CD kry waarop daar van hulle eie snitte is en wat hulle kan verkoop aan ander. Elke deelnemer ontvang 100 CD’s wat verkoop word aan familie en vriende - en sommer gou maak deelnemers die bedrag wat hulle hierin belê het terug en maak selfs ‘n stewige wins. Daar is niks so moeilik as om te probeer verduidelik hoekom jy nog nie ‘n CD het nie, veral wanneer jy by ‘n plek as sanger optree. Lees verder deur op die opskrif te klik