af-ZAen-ZA
You are here:   Wow!-Star EXTRA
Register   |  Login

 

Minimize

Wat is WOW!-STêR XTRA?































Op elke dorp wat deel is van die WOW!-STêR konsep, word daar elke jaar minstens 5 ontwikkelings talentdae en een WOW!-STêR SUPERSHOW aangebied. Saam met dit is daar 'n ranglys en word 'n jaarlikse WOW!-STêR FINAAL aangebied in elke Provinsie in Suid-Afrika wat deel is van die WOW!-STêR konsep.

Die WOW!-STêR XTRA is bykomende talentvertonings wat aangebied word by feeste en restaurante en ander venues waar deelnemers aan die WOW!-STêR die geleentheid kry om dit wat hulle geleer het toe te pas in gewone talentkompetisies en teen ander deelnemers. Die WOW!-STêR XTRA staan heeltemal los van die gewone ontwikkelingstalentdae en is bloot 'n bykomende optredegeleentheid en pure pret en heelwat pryse is te wen.









           















Die volgende WOW!-STêR XTRA vertonings is:    

26 November 2011 - Nuwe fees wat binnekort aangekondig word.

What is WOW!-STAR XTRA?































At each participating WOW!-STAR town, at least 5 developmental talent days and one WOW!-STAR SUPERSHOW are presented. A ranking list determines who are invited to the annual WOW!-STAR FINAL in each Province in South Africa.
             







The WOW!-STAR XTRA's are additional talent shows presented at festivals and restaurants an other venues where participants are afforded the opportunity to apply what they have learnt from WOW!-STAR developmental talent days by participating in general talent shows with participants from all over the local spectrum. The WOW!-STAR XTRA is separate from the regular developmental talent days and is merely an additional performance opportunity with lots of prizes.

















The upcoming WOW!-STAR XTRA shows are:

26 November 2011 - New festival to be announced soon.

DIE RIVIERMONDSTERFEES WOW!-STêR XTRA































26 NOVEMBER - COLCHESTER

































VYF MAKLIKE STAPPE OM IN TE SKRYF / FIVE EASY STEPS TO ENTER
















1) Klik op REGISTER op hierdie bladsy om as goedgekeurde gebruiker te registreer - dit neem enigiets tussen 1 en 24 uur om goedgekeur te word / Click on REGISTER on this page to register as approved user - it takes approximately 1 - 24 hours to approve.

2) Wanneer u geregistreer is, klik op LOGIN. / When you are registered click on LOGIN.

3) Vul die XtraVorm in Afrikaans op hierdie bladsy in * / Fill out the ExtraForm in English on this page *

4) Betaal die inskrywingsfooi van R30 (R50 as dit na 15 November is) in die bankrekening in / Deposit the entry fee of R30 (R50 if later than 15 November) in our bank account.

5) Wag vir finale bevestiging per e-pos en skakel 082 706 9717 as dit nie binne 2 kantoorure gebeur nie / Wait for final confirmation via e-mail and phone 082 706 9717 if this does not happen within 2 office hours.

* - U kan ook op 'n gedrukte vorm wat u per faks aanstuur inskryf (laai die vorm hieronder af)

* - You can also enter using a printed form which should be faxed to us (download the relevant from hereunder)

XtraVorm Afrikaans Online Submission

Laai die Afrikaanse inskrywingsvorm af - klik hier!

ExtraForm English Online Submission

Download the English entry form - click here!

Inskrywings ontvang / Entries received







Dongee

Eclipse Pluss

Eugene

Jaco Schoeman

Jannie

Kerry-Lee

Leilani

Monique Roelofse

Monique van Driel

Nikky-D

Rian Strydom

Tammy

Wicus le Roux

Yelanda































Reëls, terme en voorwaardes:

1)       Deelnemers (SANGERS of MUSIKANTE) van enige ouderdom is welkom. Hou asseblief u bewys van geboortedatum byderhand op die dag van die kompetisie.

2)       Groepe van maksmimum drie lede kan inskryf. Die inskrywingsfooi word gehef per PERSOON wat beteken dat groepe hierdie fooi vir elke deelnemer in die groep moet betaal.

3)       Enige taal of genré is welkom.

4)       ‘n Nie-terugbetaalbare inskrywingsfooi van R30 per PERSOON moet in die genoemde bankrekening inbetaal word voor of op 15 November. Laat betalings sal aanvaar word maar dan teen ‘n verhoogde bedrag van R50 per PERSOON. Deelnemers wat onttrek aan die talentkompetisie verloor hulle inskrywingsgeld en kry ook nie gratis toegang tot die fees nie.

5)       Doen aanlyn aansoek deur op die Xtravorm in Afrikaans te klik. Of u kan die MSWord vorm aflaai. Hierdie vorm kan slegs ingedien word deur dit te faks na 086 514 6775 of te e-pos aan info@gouedrome.co.za tesame met bewys van betaling van die inskrywingsfooi.

6)       Navrae kan gedoen word by Elna by 082 706 9717 .

7)       Deelnemers sal ‘n goedgekeurde inskrywingsnommer per e-pos ontvang wat gebruik kan word as toegang by die RIVIERMONDSTERFEES, Colchester (deelnemers betaal nie hekfooie nie). Ondersteuners is welkom om die vertoning by te woon teen ‘n R70 toegangsfooi vir volwassenes en R30 vir skoolgaande kinders - voorskoolse kinders kom gratis in. Sien volledige program van ander aktiwiteite by www.riviermondsterfees.co.za.

8)       Deelnemers mag nie deelneem indien hulle onder die invloed van alkohol of enige onwettige verdowingsmiddel is nie.

9)       Geen klanktoetse sal vooraf gedoen word nie. Die beoordelaars sal egter die reg uitoefen om ‘n deelnemer van vooraf te laat begin indien hulle meen dat die klank die deelnemer benadeel het.

10)   Kommunikasie vind net via e-pos plaas. U sal ook e-posse oor ander kompetisies ontvang. Dit staan u vry om die e-posse te staak wanneer u dit nie meer wil ontvang nie. As u nie enige korrespondensie ontvang nie skakel asseblief vir Elna Botha onmiddellik by 082 706 9717 . U kan ook die nuutste nuus oor hierdie kompetisie lees by www.wowster.co.za (klik op WOW!-STêR XTRA).

11)   Die klanktoerusting wat voorsien word is mikrofone, monitor, luidsprekerstelsel en CD-speler. Bykomende toerusting kan beskikbaar gestel word vir die koste van die deelnemer.

12)   Geen musiekinstrumente sal voorsien word nie. Indien die deelnemer dit wel voorsien sal die koste vir die bykomende klanktoerusting daarvoor deur die deelnemer gedra word.

13)   Alle deelnemers moet by die verhoog rapporteer by die Riviermondsterfees teen 11:30 op 26 November 2011. Die talentvertoning sal stiptelik om 12:00 ‘n aanvang neem. Enige veranderinge hieraan sal via e-pos gekommunikeer word.

14)   Deelnemers kan nie ‘n liedjie of musikale werk opvoer wat reeds deur iemand anders ingedien is nie. Die tweede persoon wat dieselfde liedjie/musikale werk inskryf sal binne 48uur laat weet word om dit te verander. Dit word gedoen om die vertoning meer aantreklik vir die gehoor te maak.

15)   Kategorieë sal op ouderdom gebaseer word en afhangende van die aantal inskrywings sal groepe gekombineer word volgens diskresie van die organiseerders. Die FINALE RONDTE (bekend as die WOW!-RONDTE) is ‘n kompetisie tussen die wenners (1ste plekke) van elke kategorie.

16)   Die gehoor sal die geleentheid gebied word om vir hulle nr 1, 2 and 3 wenners in elke kategorie te stem met behulp van hulle selfone. Die gehoor se stemme sal 25%van die totale punt van elke deelnemer tel en die beoordelaars se punte maak 75% van die totale punt uit. Geen punte word aangekondig nie, net die wenposisies.

17)   Die lengte van enige liedjie/musikale werk mag nie 4 minute oorskry nie. Indien dit wel gebeur, sal die deelnemer gediskwalifiseer word.

18)   Deelnemers neem op eie risiko deel en sal nie enige eis ookal teen die organiseerders aanhangig kan maak nie.

19)   Die talentvertoning kan ter enige tyd gekanseleer word en die inskrywingsfooie terugbetaal word.

20)   Geen korrespondensie oor die uitslag sal gevoer word nie. Deelnemers moet die uitslag as finaal aanvaar.

21)   Pryse sal terstond aan die wenners oorhandig word.

22)   Deelnemers kan gerus onthou dat hulle aan die gewone ontwikkelings talentdae op verskeie Oos-Kaapse dorpe kan deelneem om hulleself te ontwikkel tot volwaardige stêrre. Besoek gerus www.wowster.co.za vir nadere besonderhede of stuur ‘n e-pos aan info@gouedrome.co.za.

Rules, terms and conditions:

1)      Participants (SINGERS OR MUSICIANS) can be of any age. Always have your proof of date of birth handy on the day of the competition.

2)      Groups of maximum three persons can enter. The entry fee is per PERSON, which means that groups will pay the relevant fee for each member of the group.

3)      Any language or genré of music is accepted.

4)      A non-refundable entry fee of R30 per PERSON must be paid into the mentioned bank account on or before 15 November. Late payments will be accepted, but then at R50 per PERSON. Entrants who do not participate in the competition loose their entry fee and will also not be allowed free access to the festival.

5)      Apply online by clicking on EXTRAFORM ENGLISH above . Or download the MSWord form which can only be faxed ( 086 514 6775 ) or e-mailed (info@goldendreams.co.za) together with the proof of payment of the entry fee.

6)      Enquiries can be made by phoning Elna at 082 706 9717 .

7)      Entrants will eventually get an approved entry number which can be used to enter at the RIVIERMONDSTERFEES, Colchester (entrants do not pay a gate fee as well). Supporters are welcome to attend the talent show – a gate fee of R70 for adults and R30 for scholars will be charged - pre-school children enter free. Please see the full programme of events at www.riviermondsterfees.co.za.

8)      Applicants are not allowed to participate when under the influence of alcohol or any other illegal subtance.

9)      No sound checks will be done beforehand. However, the judges will have the right to request that your item be done once again should they feel the sound was to the entrants’ disadvantage.

10)   Communication is only via e-mail. You will get e-mails pertaining to this competition as well as other competitions. You are at liberty to opt out when it is no longer welcome. If you do not receive any e-mail correspondence, please contact Elna Botha at 082 706 9717 immediately. You can also visit www.wowstar.co.za and click on WOW!-STAR XTRA for the latest news on the competition.

11)   The sound equipment available will be microphones, monitor, PA-System and CD-player. Additional sound equipment will be made available at the cost of the entrant only!

12)   No musical instruments will be supplied by the organisers and the entrant will also be liable for the cost should additional sound equipment be required.

13)   All entrants must report to the stage at the Riviermondsterfees before 11:30 on 26 November 2011. The talent show will commence at 12:00 strictly. Any changes in this arrangement will be communicated via e-mail.

14)   Entrants cannot sing or play a song or musical work entered by somebody else. The second person entering the same song/musical work will have to choose another song/musical work. It is therefore advisable to enter as early as possible to ensure that songs are not duplicated. This is done to make the talent show more attractive to the audience.

15)   Categories will be based on age and depending on the number of entries, ages can be combined as deemed fit by the organisers. The FINAL ROUND (called WOW!-ROUND) will be a competition between the winners (nr 1) of each category.

16)   The audience will be given the opportunity to vote for their nr 1, 2 and 3 winners in each category using their cell phones.  The audience’ votes will be converted to form 25% of each entrants’ total point. The judges’ total marks will form 75% of the points allocated to each entrant. No marks will be announced, just the winning positions.

17)   The duration of a song or musical work may not exceed 4 minutes. If so, it will be disqualified without further notice.

18)   Entrants participate at own risk and will not have any claim against the organisers whatsoever.

19)   The talent show can be canceled at any point in time and entry fees will then be refunded.

20)   No correspondence will be entertained pertaining to the results. Participants must accept it as final.

21)   The prizes will be handed to winners on the spot.

22)   Participants are reminded that they can also partake in the regular development talent shows in various Eastern Cape towns to improve their performance. Please visit www.wowstar.co.za for more information or send an e-mail to info@goldendreams.co.za. Songs with unacceptable content will be disqualified.