af-ZAen-ZA
You are here:   Home
Register   |  Login

 





 Graaff-Reinet se wenners op 13 Augustus: Veronique Harmse (MINI WOW!-STêR, derde van
links met  haar pianis begeleier Jeshaun Harmse,
 tweede van links), Lizelle Nel (naaswenner en ook
derde plek, vierde van links) saam met Bernadette
Swartz van Radio Graaff-Reinet (heel links)
en Sarel Botha (heel regs).

KENNISGEWING / NOTICE

Gebruik hierdie webblad soos dit jou pas!

1)    As jy op REGISTER klik en die inligting 

       invul word jy 'n volle geregistreerde 

       gebruiker van hierdie webblad en kan jy

       deur te LOGIN kommentaar lewer op 

       artikels en/of toegang kry tot alle 

       bladsye op hierdie webblad en/of jou in 

       staat stel om die aanlyn vorms te 

       gebruik om vir kompetisies in te skryf 

       en/of die gereelde gratis e-nuusbrief

       per e-pos te ontvang.

                    

2)    Of as jy nie op REGISTER klik nie kan jy

       toegang kry tot net sekere bladsye en 

       heelwat hoogtepunte sien met geen 
       interaktiwiteit nie.

Geniet dit!
                      

       ****************************

Use this website to your advantage!                   

1)    If you click on REGISTER and fill out the

       requested information you become a

       full registered user of this website which

       enable you to leave comments to news

       messages or/and allow access to all

       pages on this website or/and enables 

       you to use the online forms to enter for

       talent competiitions or/and receive the 

       regular free e-newsletter via e-mail.
        

2)    Or, if you do not REGISTER, you will still

       have access to most main pages without

       any inter activity.

Enjoy!           
 

  

Wat moet ek doen om deel te wees van WOW!-STêR?

Maximize

How can I become part of WOW!-STAR?

Maximize

 

 
Monique van Driel van Despatch
maak seker dat die kliënte by
Shoprite Uitenhage 'n fees van
opgewekte musiek geniet tydens 
die Boereworskompetisie

Info



WOW!-STêR XTRA is baie opwindend! Klik hier om meer te lees.

 
WOW!-STêR XTRA is extremely exciting! Click here to read more.

News

Sun, 02 Oct 2011 16:21:36 +0200

Monique van Driel het 'n hele span talentvolles uitgeklop toe sy die JBAY DIVE FEST Talentkompetisie gewen het. Die naaswenner en die bekleër van die derde plek was net 'n kort-kop agter Monique.

Wed, 21 Sep 2011 10:32:25 +0200

Die laaste twee WOW!-STêR ontwikkelings talentdae vir 2011 op Jeffreysbaai, word op 8 Oktober en 5 November gehou het die organiseerder, ELSaBé Rademeyer, aangekondig. En buiten dit vind daar ook 'n spesiale talentkompetisie, die JBAY DIVE  FEST WOW!-STêR XTRA talentkompetisie (klik op WOW!-STêR XTRA) op 1 Oktober plaas. Inligting met betrekking tot aldrie geleenthede is beskikbaar op hierdie webblad. Klik op DORPE en JEFFREYSBAAI vir die Potter's Place talentdae./ The organiser of the Jeffreys Bay WOW!-STAR events, ELSaBé Rademeyer, today announced that the final two Jeffreys Bay WOW!-STAR developmental talent days for 2011 will take place on 8 October and 5 November. In addition to this the JBAY DIVE FEST WOW!-STAR XTRA (click on WOW!-STAR XTRA) talent show takes place on 1 October. Information pertaining to all three events are available on this website. Click on TOWNS and JEFFREYS BAY for information on the Potter's Place talent days.

Sun, 31 Jul 2011 15:45:32 +0200

Thia-Mari Fourie (regs op die foto) van Kirkwood en ook gereelde deelnemer aan die WOW!-STêR talentdae het in die internasionale been van 'n groot talentkompetisie in Los Angeles weggestap met drie silwer en twee brons medaljes. Nog 'n WOW!-STêR deelnemer, Yelanda Swart (links op die foto) van Port Elizabeth, het drie brons medaljes verower. Bianca Rademan van Graaff-Reinet, is deur twee beoordelaars genader vir onderhoude oor moontlike CD's en/of optredes vorentoe. Klik op die opskrif om meer te lees ...

Sun, 31 Jul 2011 15:33:38 +0200

Graaff-Reinet het op 23 Julie 2011 weer ‘n heerlike kuieraand van hulle WOW!-STêR talentdag gemaak. Maar die eer het hierdie keer na Michellé Richards (regs op die foto bo) gegaan wat as algehele wenner en dus MINI WOW!-STêR van die dag gekroon is. Michellé het ook die derde plek ingepalm, terwyl die 10-jarige meisie met die nagtegaalstem, Linda Lötter (links op die foto), met ‘n baie goeie tweede plek in die sak daar weg is. Klik op die opskrif om meer te lees ...

Sun, 31 Jul 2011 15:21:53 +0200

Na die aankondiging dat ‘n WOW!-STêR CD binnekort vrygestel gaan word het verskeie Oos-Kaapse talentvolles aangedui dat hulle belangstel om deel van die projek te wees. Deelnemers aan die WOW!-STêR kompetisie wat nog nie hulle eie CD’s kan maak nie, kry nou die geleentheid om op die nuwe jaarlikse WOW!-STêR CD een of meer van hulle oorspronklike snitte te laat insluit. Hierdie CD’s word aan radiostasies en platemaatskappe gestuur en die konsep werk so dat 2000 daarvan redelik gou deur deelnemers verkoop word - dus luister minstens tussen 2000 en 5000 mense na die snitte en deelnemers kan selfs ‘n opsie kry waar hulle gesigfoto die heel grootste op die CD-dekblad pryk. Die sluitingsdatum vir deelname aan hierdie  projek is 31 Augustus 2011.
 
Op hierdie manier kan deelnemers ‘n CD kry waarop daar van hulle eie snitte is en wat hulle kan verkoop aan ander. Elke deelnemer ontvang 100 CD’s wat verkoop word aan familie en vriende - en sommer gou maak deelnemers die bedrag wat hulle hierin belê het terug en maak selfs ‘n stewige wins. Daar is niks so moeilik as om te probeer verduidelik hoekom jy nog nie ‘n CD het nie, veral wanneer jy by ‘n plek as sanger optree. Lees verder deur op die opskrif te klik

Sun, 31 Jul 2011 15:08:34 +0200

Twee splinternuwe bladsye op die WOW!-STêR webblad word   binnekort bekendgestel. Die een bladsy het ten doel om die CD’s en ander produkte van gereelde deelnemers aan die WOW!-STêR te adverteer terwyl die tweede bladsy al die musiekverwante  prestasies van WOW!-deelnemers wil uitwys.
 
Stuur gerus jou besonderhede, fotos, en ander visuele materiaal asook ‘n beskrywing (of ‘n kort artikel) aan info@gouedrome.co.za vir plasing. Deelname aan ander kompetisies of fotos en/of inligting oor optredes by ander geleenthede deur WOW!-STêR deelnemers is baie, baie welkom.
 

Fri, 01 Jul 2011 06:06:52 +0200

“Marinus my maat!! Jy mag maar Roy Orbison se goed sing! Crying was unbelieveable!! Well done my  maat … RESPECT! Vir die wat wonder, ek sit backstage in PE en luister na die voorshow en hierdie ou is awesome!”  Dit was die reaksie van van Nicholis Louw op Marinus van Rooyen terwyl van Rooyen CRYING van Roy Orbison tydens die       voorprogram van Louw se vertoning in Port Elizabeth gesing het. Marinus was enkele jare gelede ook die wenner van die Talenté-kompetisie (voorloper tot die WOW!-STêR) ... Klik op die titel om verder te lees ...

Tue, 14 Jun 2011 06:30:33 +0200

Op Saterdag 11 Junie was die WOW!-STêR   talentdag weer by Potter's Place op Jeffreysbaai aangebied. Met borge soos Potter's Place, BayFM, Goue Drome, EMR Music Alliance en GR Music, wag daar nog groot dinge vir deelnemers in die toekoms  - Soos die vorige keer was dit 'n fees!

Tue, 14 Jun 2011 06:23:56 +0200

Tot dusver was die wenners van die gewilde GOUE DROME WOW!-STêR talentdae telkens sangers. En alhoewel daar enkele musikante deelgeneem het kon nie een van hulle daarin slaag om as MINI WOW!-STêR (algehele wenner van die     talentdag) aangewys te word nie. Gerhard Olivier van Somerset-Oos het die bordjies verhang toe hy skoonskip gemaak het met sy uitstekende klavierspel op Saterdag 11 Junie se talentdag op hierdie dorp.

Sun, 29 May 2011 13:01:54 +0200

Yelanda Swart, wat onlangs haar MINI WOW!-STêR status moes prysgee, het weer die perd opgesaal op die WOW!-STêR talentdag op 28 Mei 2011 seker gemaak dat sy nie van die perd afval nie. Sy het die tweede keer hierdie jaar die gesogte MINI WOW!-STêR titel ingepalm en sodoende gesorg dat sy in 'n  voorkeurposisie bly om aan die FINAAL op 26 November deel te neem. Klik op die artikel se opskrif om meer te lees...

Upcoming Events