af-ZAen-ZA
You are here:   Feedback
Register   |  Login

 

Minimize
TERUGVOER / FEEDBACK
Van Judy Rademan, Graaff-Reinet het die volgende SMS gekom:

"Bly om te hoor Oom Sarel is uit die hospitaal uit. We would rather have you healthy and late for the WOW!-STAR than not have you at all. I tell everyone who I talk to about Bianca [webmaster: 2010 WOW!-STAR] that if it was not for you, Tannie Elna and GOUE DROME WOW!-STAR, then she would not be where she is today and I would not have written 21 songs. Thank you. Love you lots. Rademans"


Response: Baie dankie vir jou boodskap Judy. Jy sal nie besef hoeveel dit vir ons beteken as ons hoor hoeveel ons opregte pogings vir ander beteken nie. Dit is vir ons ook net pure lekkerte om die vordering en die pratige nuwe werk gade te slaan. Lekker dag verder. Groete. Sarel

Susan Fourie van Kirkwood:

"Thia-Mari het van Sondag af 11 items gelewer by die SA Champs. Sy het een goue medalje, 4 silwer en 2 brons gekry. Sy sou nie sulke goeie vertonings kon lewer sonder haar GOUE DROME WOW!-STêR ondervinding nie. Baie dankie!!!!! Groete Susan"

Reaksie: Ek is bly om te verneem van Thia-Mari se goeie resultate, Susan. Dit is juis een van ons doelwitte dat deelnemers aan die WOW!-STêR hulleself bekwaam om beter te presteer wanneer hulle aan ander talentkompe-tisies deelneem. Ek merk ook op dat sy geweldig baie selfvertroue gekry het, wat baie beteken vir deelnemers se selfbeeld. Ons hou haar fyn dop! Groete. Sarel